Lekker rugby vandag in die biltongweer

Rugby: Drie Curriebekerwedstryde word vandag beslis. Die Pumas is om halfdrie die
gashere vir die Griekwas in Kimberley. Die Griekwas is derde op die punteleer, met die
Pumas in die vierde plek. Die Bulle en die Cheetahs meet net voor vyf kragte op Loftus,
met die tuisspan wat gaan probeer om hulle posisie bo-aan die punteleer te behou. Die
laaste wedstryd skop vanaand om seweuur in Durban af. Die Haaie is in die tweede
plek op die punteleer, terwyl die Westelike Provinsie die gevaar loop om vir die eerste
keer sedert 2008 nie die uitspeel-fase te haal nie. Die president van die Blou Bulle
Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus oor vanmiddag se wedstryd teen die
Cheetahs gepraat.