Lekker rugby vandag

Groot belangstelling plaaslik en internasionaal heers vir vanaand se derde en laaste toets tussen die Springbokke en Britse Leeus in Kaapstad. Die span wat vanaand wen, wen die reeks. Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, glo nie verlede week se heldhaftige terugkeer in die tweede toets teen die Leeus het sy span se fisiese en emosionele energie getap nie. Die Leeus se afrigter, Warren Gatland, het bespiegel dat die gashere vandag dalk afgerem kan wees, maar Kolisi het die media verseker hulle beskou dit as ‘n eindstryd en hulle wil die reeks wen.