Leiers van die G7-lande steun reuse wêreldwye Amerikaanse infrastruktuurplan vir ontwikkelende en opkomende lande

Leiers van die G7-lande met die grootste ekonomieë, steun ‘n reuse wêreldwye Amerikaanse infrastruktuurplan vir ontwikkelende en opkomende lande as mededinging vir die sogenaamde Chinese Belt and Road-projek. Die Withuis sê die projek met die leuse, Build Back Better World, gaan met kapitaal uit die private sektor die ontwikkelende wêreld help met tekorte wat vererger is deur die Covid-19 pandemie. Die projek sal fokus op die klimaat, gesondheid, digitale tegnologie en die stryd teen ongelykheid