Leier van UDM sê ANC en DA moet koalisie vorm

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê die ANC en die DA moet ‘n koalisie vorm wat beide partye sal bevoordeel. Vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing het ‘n rekordgetal rade opgelewer waar geen volstrekte meerderheid verkies is nie. Koalisiegesprekke sal begin sodra die Onafhanklike Verkiesingskommissie vanaand die amptelike verkiesingsuitslae bekend maak. Holomisa sê beide partye moet ‘n onpartydige benadering toepas.