Leeuwyfie by Palmfontein in Kunene-streek vergiftig

Leeubewaring in die Kunene-streek het nie 2022 op ‘n goeie noot afgeskop nie. Tammy Hoth van die Namibia Lion Conservation Trust sê ‘n leeuwyfie van Grootberg is in die Palmfontein-omgewing vergiftig. Dit volg nadat ‘n gestreepte hiëna en vier leeus in Oktober in dieselfde omgewing vergiftig is. Sy sê Kamanajab se teenstropingseenheid is besig om die saak te ondersoek. Die leeuwyfie het geen vee gevang nie, maar wel ‘n sebra wat ook vergiftig is.