Leeus ‘nie besig om uit te sterf’
In die lig van die herrie wat losgebars het oor ‘n probleem-leeumannetjie wat in die Palmwag-area gejag is, sê die omgewings-ministerie hierdie leeus loop nie ‘n gevaar om uit te sterf nie. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê hul getalle het inteendeel toegeneem tot die hoogste vlak in minstens ‘n half-eeu, volgens lugopnames en geloofwaardige skattings. Wat egter belangrik is, is dat wilde diere en gemeenskappe saam moet kan leef en floreer.