Leeu-bewaring onder die loep in SA

Die Suid-Afrikaanse diereregte-organisasie, Blood Lions, sê die buurland se departement van bosbou, visserye en die omgewing het ‘n konsepbeleidstandpunt in ‘n staatskoerant bekendgemaak vir die bewaring van olifante, leeus, luiperds en renosters. Hierdie dokument is gebaseer op die verslag oor die onderwerp wat onlangs gepubliseer is en die publiek kan tot 27 Julie kommentaar lewer. In die konsep word daar voorsiening gemaak om weg te beweeg van praktyke wat wilde diere uitbuit. Die organisasie se standpunt is dat die aanhouding en teel van leeus Suid-Afrika se reputasie as ‘n leier in bewaring benadeel.