Leerkragte op Wêreld-onderwysdag môre vereer

Môre is Wêreld-onderwyserdag waartydens leerkragte wêreldwyd gevier word. Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, sê haar departement gaan dwarsdeur Oktober erkenning gee aan alle opvoeders wat ‘n onuitwisbare merk op leerders se lewens maak. Sy sê die departement het begin met die veldtog #ThankATeacher om die publiek aan te moedig om ‘n spesifieke onderwyser te bedank wat ‘n invloed op hulle lewe gehad het.