Leerders gevang met wapens, drank

Polisiebeamptes in die Oshana-streek het tydens ‘n polisiesoektog beslag op messe en selfone by leerders in die koshuis van die Mweshipandeka Hoërskool op Ongwediva gelê. Oshana se polisiewoordvoerder, inspekteur Thomas Aiyambo, het aan Namibiese media gesê sommige leerders van dieselfde skool is verlede week met ‘n whiskey-mengsel wat in noordelike Namibië bekend staan as Angolese whiskey, op die skoolgronde gevang.