Leerders 16 jaar en ouer word geteiken om bloedskenkers te word.

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens ervaar ‘n matige bloedtoevoer by bloedbanke landwyd nadat bloedskenkers sedert die begin van die jaar bloed geskenk het. Die diens sal ‘n Terug-skool-toe-veldtog begin en verskeie skole in die land besoek vir leerders vanaf die ouderdom van 16 om bloed te skenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van die dienste gepraat.