Leerder verloor dalk arm na Covid-spuit

‘n Veertienjarige leerder van die Laerskool Tina Falls in Qumbu in die Oos-Kaap, kan dalk haar arm verloor weens beweerde komplikasies ná ‘n Covid-19-inenting. Yamkela Seplan het ‘n besmetting opgedoen en ‘n groot swelsel aan haar bo-arm ontwikkel. Sy kon weens haar toestand sedertdien nie skool bywoon nie. Dokters het die moontlike amputasie van die meisie se arm voorgestel. Die familie beskuldig die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal van nalatigheid.