Lede van AU-vredesmissie sterf in aanval in Somalië

Lede van die Afrika-unie se vredesmissie in Somalië is dood nadat hulle basis deur militante van al-Shabab aangeval is. Die basis is sowat 120 kilometer suidwes van die hoofstad, Mogadishu. Volgens inwoners was daar drie ontploffings waarna gevegte tussen Ugandese soldate en die aanvallers uitgebreek het. Al-Shabab beweer dat meer as 100 mense in die aanval dood is. Die Ugandese weermag sê hy ondersoek die voorval.