Leclerc van Ferrari gee pas aan by Katar GP
Motorsport: Charles Leclerc het gewys Ferrari het die potensiaal om McLaren se eerste vervaardigerstitel in 26 jaar in die wiele te ry toe hy beter gevaar het as Lando Norris in gister se eerste oefenrondes van die Katar Grand Prix. Norris se spanmaat, Oscar Piastri was die derde vinnigste. Carlos Sainz was vierde in die tweede Ferrari. Die nuutgekroonde viermalige wêreldkampioen, Max Verstappen, was maar 11de, met Red Bull wat sukkel om by te hou en hulle sal alles in die stryd moet werp om hulle spantitel die naweek te behou.