Latifi sê hy het doodsdreigemente na Abu Dhabi-resies ontvang

Die Williams Formule Een-renjaer Nicholas Latifi het gereageer op doodsdreigemente teen hom ná die Grand Prix vroeër vandeesmaand in Abu Dhabi. Latifi het met vyf rondes oor en met Lewis Hamilton in die eerste posisie, in ‘n muur vasgery. Die ongeluk het daartoe gelei dat die veiligheidsmotor ontplooi is. Max Verstappen van die Red Bull-span kon daarin slaag om in die laaste ronde vir Hamilton verby te steek en het ‘n omstrede oorwinning behaal. Latifi sê hy was geskok oor die ekstreme aard van die haat, beledigings en selfs doodsdreigemente wat hy ná die wedren ontvang het.