LandRover vervoer mediese uitreikspanne in Kunene

In die moeilike tye van die Covid-pandemie, het Namibië mense met warm harte wat die regering bystaan in nood. Die Namibiese gesondheidsministerie is besig om Namibiërs in alle uithoeke van die land teen Covid in te ent. Sommige afgeleë gebiede is onherbergsaam en moeilik om te bereik. Die “German LandRovers Experience”, het hul voertuie beskikbaar gestel om die uitreikspanne van die ministerie in die Kunene-streek te vervoer. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus sy waardering vir die ondersteuning uitgespreek.