Landless People’s Movement hoop mosie van wantroue teen speaker van NV ingestel

Die Namibiese parlement se vierde sessie het uiteindelike vanmiddag weer begin ná ‘n lang reses weens die Covid-pandemie. Die Landless People’s Movement se lid van die Nasionale Vergadering, Henny Seibeb, het gesê hulle sien uit daarna om meer mosies in die parlement ter tafel te lê, na hy en sy leier, Bernadus Swartbooi, vir ‘n wyle uit die parlement geskors was. Seibeb het gesê daar is baie wat gedoen moet word en hy hoop ‘n mosie van wantroue word teen die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, ingestel.