Landelike ontwikkeling: Die minister besef nie wat dit behels nie

Reaksie word ontvang op berigte dat die minister van landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni sê die ministerie se plan vir die hersiening van die nasionale landelike ontwikkelingsbeleid en -strategie voor die einde van die huidige boekjaar afgehandel sal wees. Plaaslike landbou-kenner Wallie Roux sê hy dink nie die minister besef wat ‘n landelike ontwikkelingsbeleid behels nie, en hoeveel geld en vaardighede dit neem nie.