Lande wat Brics se beginsels handhaaf sal vir lidmaatskap oorweeg word

Die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, sê lande wat die beginsels van Brics handhaaf, sal vir lidmaatskap oorweeg word. Hy het die aankondiging gedoen as deel van die afvaardiging van ministers van Buitelandse Sake wat in Kaapstad vergader. Negentien lande, waaronder Saoedi-Arabië, Iran, Argentinië, Algerië, Egipte en Indonesië, het hul belangstelling uitgespreek om by die Brics-alliansie aan te sluit. Lavrov het benadruk Brics verteenwoordig die evolusie van ‘n multi-polêre wêreld waar veelvuldige wêreldmagte saamwerk op grond van gedeelde beginsels en doelwitte: