Lande moet versigtig wees om sake met Rusland te doen – kenner

President Dr Hage Geingob het ‘n besoek van dr. Mikhail Nikitin, chargé d’affaires van die Russiese-federasie in die land ontvang. Nikitin het tydens die besoek bevestig dat gesprekke met die energieministerie reeds plaasgevind het vir Rusland om brandstof aan Namibië te verkoop. Nikitin het ook ‘n uitnodiging van President Vladimir Putin aan Geingob vir die Russiese Afrika-beraad gerig wat in Junie 2023 gehou sal word. Die buurland se politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê met die huidige verloop van sake moet lande versigtig wees met betrekkinge met Rusland.