Lande kan hulself nie uit die pandemie versterkspuit nie

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê versterker-inentings teen Covid-19 kan nie as ‘n vry-pas gesien word om met beplande feesvierings voort te gaan, sonder die nodige voorsorgmaatreëls nie. Sowat 20 persent van alle entstof-dosisse wat daagliks toegedien word, word nou as versterkers gegee, of as bykomende dosisse. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê lande kan hulle nie deur middel van versterkings-dosisse van die pandemie bevry nie en die klem moet eerder gelê word op die verspreiding in entstowwe sodat lande die 40 persent dekkingsteiken kan behaal.