Landbouministerie sê klagtes moet skriftelik gelê word

Die Namibiese landbouministerie sê dit ontvang voortdurende klagtes rakende korrupsie en bedrog van amptenare in verband met grond-aankope en -toekennings. Volgens ‘n mediaverklaring is tydens die Grondkonferensie van 2018 besluit dat die ministerie ‘n oudit van grond-aankope en -toekennings sal doen. Die ministerie doen ‘n beroep op lede van die publiek wat grondige bewyse van korrupsie en bedrog teen amptenare het, om dit skriftelik te rapporteer. Die woordvoerder van die ministerie, Jona Masheku, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.