Landboukenners: Ugandese mielies hou kanker-risiko in
Wetenskaplikes verbonde aan die Nasionale Landbounavorsings-organisasie het bekendgemaak dat Ugandese mielies, sorghum en grondbone konsentrasies aflatoksien bevat wat minstens tien keer hoër is as die veiligheidsdrumpel wat die Wêreld-gesondheidsorganisasie aanbeveel. Die direkteur vir navorsing van die Nasionale Oesbronne-navorsingsintituut, Godfrey Asea, sê dit hou ‘n ernstige kanker-risiko in vir verbruikers. Hy sê dit is uiters kommerwekkend, want mieliemeel is ‘n stapelvoedsel vir miljoene Ugandese gesinne en ‘n oorheersende dieet by skole.