Landbou-sensus: Mikrodata is uiters belangrik, ook vir beleggings

Daar is ‘n gebrek aan data in die landbousektor in Afrika en Namibië. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf. Jason Kasuto, die besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates, het sy hoop aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek dat die data van die landbou-sensus volledig sal wees.