Landbou sal verder sukkel oor stygende brandstofprys

Die immer stygende brandstofprys is van ernstige kommer. In die landbou- en voedsel-sektor dra dit by tot skerp prysstygings wat voedsel vir baie armes onbekostigbaar maak. Ander goedere en dienste word eweneens beïnvloed. Dit betaal vir ‘n oorlog waaraan ons nie deel is nie, volgens die Namibiese minister van landbou, Calle Schlettwein. Landboukundige Wallie Roux sê die brandstofprys het ‘n wesenlike impak op landbou. Hy verduidelik.