Landbou: peste en plae wek kommer

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het ‘n skenking van 1,5 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie van landbou oorhandig, spesifiek vir die beheer van plae en peste. Na die afgelope reënseisoen was rooisprinkane ‘n baie groot uitdaging regoor die land en daar is ook kommer oor kommandowurms. Sedert Mei 2017 is die wurms in 25 lande in Afrika aangemeld en is ook in Namibië bevestig. Oorgrenspeste soos tamatieblaarmyner en vrugtevlieë wek ook kommer. Die organisasie sê ongeveer 40 persent van kosgewasse word jaarliks verwoes as gevolg van plantpeste en -siektes.