Landbou is die enjin vir groei in Afrika  

Die landboukenner en voormalige hoof van die landbou-afdeling by die Ekonomiese Gemeenskap van die Kommissie van Wes-Afrikaanse State, Ernest Aubee, sê landbou is die enjin van groei vir die transformasie van die vasteland. Aubee sê landbou-beleide moet daarop gerig wees om produksie en produktiwiteit te verhoog deur uitdagings in die sektor aan te spreek. Dit sluit in ontoereikende finansiering, beperkte tegnologie, die bestuur van grond en natuurlike hulpbronne en klimaatsverandering. Hy sê landboukenners speel ʼn deurslaggewende rol om lande die regte beleid te laat ontwikkel, tegniese leiding en leierskap.