Landbou-finansiering steeds groot uitdaging in Suid-Afrika

Die landbou-organisasie, Saai, sê landbou-finansiering is steeds een van die taaiste uitdagings vir boere in Suid-Afrika ná die ineenstorting van die Landbank in die buurland. Die bank het krediteure in April verlede jaar ingelig hulle is nie in staat om betalings van 50-miljard-rand te doen nie. Saai sê daar is alternatiewe bronne vir landboufinansiering. Dit sluit in kommersiële banke wat honderde voormalige kliënte van die Landbank finansier, die verkryging van finansiering in die buiteland om die bank as oorspronklike lener te vervang en die vooruit-aankoop van produkte, veral van invoerders in die Verenigde Arabiese Emirate.