Landbou-ekonoom gesels oor bewaring, koolstof in landbou

‘n Bekende landbou-ekonoom het ook die belangrikheid van bewaringslandbou in Namibië beklemtoon. Volgens die adjunk-uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Mildred Kambinda is Namibië as ‘n dorre land met wisselende en lae reënvaltoestande oor die algemeen nie bevorderlik is vir konvensionele landbou en voedselproduksie nie, maar moet op bewaringslandbou gefokus word. Die Konserwatiewe Landbouprogram 2-werkswinkel vind vandeesweek op Swakopmund plaas. Die nuwe klimaat-aanpassingsprogram sal aan die einde van die huidige Omvattende Bewarings-landbouprogram geïmplementeer word om voedselsekerheid te verseker. Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die Namibiese landbousektor sy koolstofspoor kan verminder.