Laeveld-boer met renosterhorings, weer vas

’n Vermeende baasbrein van een van Suid-Afrika se grootste renosterstroopsindikate, die 52-jarige Dawie Groenewald, is weer in hegtenis geneem met 19 renosterhorings ter waarde van 2,5 miljoen Namibiese dollar wat glo in sy besit was. Groenewald is ’n bekende wildboer van Limpopo en is saam met Schalk Abraham (AB) Steyn, ’n sakeman van Mbombela in Mpumalanga, buite die dorp in hegtenis geneem. Groenewald is uit op borgtog van 100 000 Namibiese dollar hangende ’n saak in die hooggeregshof in Pretoria waarvoor hy in 2010 in Limpopo in hegtenis geneem is. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *