Laer oeste in wynbedryf vanjaar

Die wynbedryfvereniging Vinpro sê baie Suid-Afrikaanse produsente van wyndruiwe lewer vanjaar ‘n kleiner oes as gewoonlik. Die uitsonderings is die Kaapse Suidkus en die Klein-Karoo in die Wes-Kaap. Dit is volgens die tweede van vier oesberekenings deur wingerdboukundiges en kelders in die derde week van Januarie. Wanda Augustyn van Vinpro sê ten spyte van die kleiner oes vanjaar het wyndruif-produsente ‘n uitsonderlike groeiseisoen beleef.