Lady Gaga op pad om twee albums vry te stel

Die Grammy-bekroonde sangeres en liedjieskrywer, Lady Gaga, gaan vanjaar ʼn sewende ateljee-album vrystel, asook die klankbaan van haar komende fliek, Joker: Folie et Deux. Die klankbaan-album, Harlequin, met 13 snitte, word Vrydag vrygestel en haar ateljee-album volgende maand. Gaga en Joaquin Phoenix vertolk die hoofrolle in die rolprent wat volgende maand vrygestel word. Die twee albums volg op haar onlangse enkelsnit saam met Bruno Mars, Die With a Smile.