Laaste dag vir SIM-kaart registrasie!

Vandag is die laaste dag waarop SIM-kaarte geregistreer kan word. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, of Cran, sê dat meer as 700 000 SIM-kaarte nog nie geregistreer is nie. Die owerheid herhaal dat die sperdatum nie weer uitgestel sal word nie. Kaarte wat nie vanaand geregistreer is nie, sal gedeaktiveer word met ‘n 90-dag grasieperiode om nog te registreer en die kaart weer te aktiveer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Audrin Mathe, die uitvoerende direkteur van die kommunikasietegnologie-ministerie, wat mense aanmoedig om van die laaste en finale dag gebruik te maak om hul SIM-kaarte te registreer.