LA sal Marilyn se huis bewaar
Die Los Angeles Stadsraad het ‘n proses van stapel gestuur om die ikoniese Marilyn Monroe se huis, waar sy in 1962 aan ‘n oordosis dood is, ‘n geskiedkundige en kulturele monument aan te wys. Daar was volgens berigte, planne om die eiendom te sloop. Die mosie om die Spaanse koloniale-stylhuis in die stad se Brentwood-voorstad is eenparig goedgekeur.