La Bohème gaan Oos-Kaap toe

Die nuwe produksie van die opera La Bohème sal volgende maand deur die Oos-Kaap toer, en begin met twee optredes in Oos-Londen op 8 en 9 September. Op 11 en 12 September beweeg die geselskap na Gqeberha voordat hul op 15 en 16 September in Graaff-Reinet afsluit. Kaapstad Opera se nuwe produksie speel af in ‘n township in Suid -Afrika. Die vroulike hoofrol, Mimi, word vertolk deur Zandile Mzazi en Lukhanyo Moyake speel die manlike hoofol, Rodolfo.