KZN-verkeersbeamptes voorgekeer, doodgeskiet en wapens gesteel

Twee verkeersbeamptes van onderskeidelik 36- en 48-jaar-oud is in KwaZulu-Natal in ‘n hinderlaag gelei en doodgeskiet. Die voorval het op die Nkodibe-afrit van die N2 plaasgevind. Hulle was tydens die voorval aan diens en die wapens wat hulle by hulle gehad het, is geroof. Die woordvoerder van die departement van Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Kwanele Ncalane, sê die saak moet dringend ondersoek word: