KZN se skole se asbes-dakke sal vervang word

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die provinsiale regering het ‘n program geskep om skole op te knap en onder meer asbes-dakke te vervang. Hy het skole in landelike gebiede besoek om die impak van die onlangse rampspoedige storms te bepaal. Altesaam 186 skole in die provinsie is deur die onlangse storms geraak. Zikalala sê hy glo herstelwerk aan die skole sal teen die einde van die tweede kwartaal voltooi wees: