KykNET kuier by Flip Stander en die Kunene-leeus

Die bekende Suid-Afrikaanse vervaardiger van die dokumentêre rolprent, Stroop, en TV-aanbieder, Bonné de Bod, se splinternuwe natuurlewe-program, Bewonder en Bewaar, skop Sondagaand om agt-uur op kykNET af. De Bod het ook vir die reeks ‘n draai in noordelike Namibië gemaak waar baanbrekerswerk in bewaringskringe verfilm is. De Bod het onder meer by woestynleeu-navorser, dr. Flip Stander gekuier.