Kwaai tannie laat bye op polisie los

‘n Tannie van Massachusetts word daarvan beskuldig dat sy ‘n swerm bye as ‘n gevaarlike wapen gebruik het. Volgens ‘n distriksbalju, het die 55-jarige Rorie Woods, ‘n professionele byeboer na bewering ‘n korf geïrriteerde bye op lede van die mag losgelaat het toe hulle ‘n uitsettingsbevel op haar wou dien. Woods het by die huis aangekom, met korwe in ‘n sleepwa, toe owerhede reeds daar was. Hulle het haar tevergeefs probeer keer maar sy het een korf oopgebreek, die bye ontstel en losgelaat. Toe trek sy haar bye-pakkie aan en vat nog ‘n korf na haar voordeur toe om te keer dat beamptes toegang kry. Die manne het uitmekaar gespat, maar dit was tevergeefs en een beampte is gehospitaliseer. En ja, jy het reg geraai… Woods is gearresteer.