Kuruman se water met riool besmet

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het weer ‘n belofte by die Gasegonyana-munisipaliteit se bestuurder, Martin Tsatsimpe, gekry om die kwessie van lewensbedreigende, riool-besmette water vir huishoudings in en om Kuruman te hanteer. Die eerste stap is om die voortslepende besoedeling van miljoene liter water van die Kuruman-fontein na die dorp en landelike gebiede te stop. ‘n DA-woordvoerder, Willie Aucamp, sê dit hou ‘n wesenlike gevaar in vir die mense van Gasegonyana.