Kunsmis skiet die hoogte in, kommer oor pryse

Kunsmis as produksie-inset het ‘n impak van tussen 30 en 50 persent op graan- en oliesadeprodu­sente se lopende produksiekoste. In April vanjaar is daar reeds geskryf oor kunsmispryse wat hemelhoog styg. Sedertdien het pryse verder skerpt gestyg. Volgens Graan SA se navorsing is dit duidelik dat internasionale pryse in die verlede al heelwat hoër was en dat die waarde van die Suid-Afrikaanse rand oor tyd uitermatig verswak het. Emilie Abraham, die Akkerboubestuurder van die Namibiese Akkerbou Raad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.