Kunene-vlakke sak verder terug

Daar is kommer oor die uiters lae vloei van die Kunene-rivier by die Ruacana hidroëlektriese aanleg. Die vloei het verder afgeneem na 47,6 kubieke meter per sekonde, vanaf rondom 51 wat Vrydag gemeet is. Sonder vloei kan die aanleg nie elektrisiteit opwek nie en daar is ook nie berging fasiliteite nie. Ruacana se vier turbines kan 330-megawatt opwek as die rivier sterk vloei rondom 300 tot 500 kubieke meter per sekonde. Namibië se kragopwekking vermoë het volgens die Namibiese Statistieke-agentskap in Julie verlede jaar met 69,2 persent geval as gevolg van Ruacana se vermoë wat met amper 86 persent gedaal het. Daar word redelike goeie neerslae in die Angolese-hoogland in die komende week voorspel. Die vlak van die Kunene is sedert die begin van verlede jaar uiters laag en die gepaardgaande droogte in die suidweste van Angola het ook die uittog van die vlugtelinge na Namibië veroorsaak.