Kunene se mense is betaal

Plaaslike nuusagentskappe berig dat die werknemers by die Kunene-streeksraad betaal is. Dit volg na ‘n vergadering wat Donderdag gehou is. Die betalings aan ongeveer 120 werknemers en drie raadslede is reeds gedoen, 18 dae laat. Dit volg na die heraanstelling van George Kamseb as hoof streeksbeampte wat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling in die hof uitdaag. Kamseb, wat blykbaar die enigste een is wat die betalings kan doen, is deur die ministerie verbied om enige pligte uit te voer maar, die ministerie sê die eintlike rede vir die vertraging is ‘n beslissing deur die raad wat op 14 Desember gedoen is om nie salarisse te betaal nie, as gevolg van die ministerie se aksie teen Kamseb. Napwu het ook vroeër met ‘n hofaksie gedreig indien die betalings nie gedoen word nie.