Kunene-olifantstaptog was ‘n sukses

Die uitvoerende hoof van Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring, John Kasaona, het 150 kilometer in bewaringsgebiede in die Kunene-streek gestap om bewustheid oor woestyn-aangepaste olifante te skep. Tosco, ‘n bewaringsorganisasie wat toerisme ondersteun, het die Kunene Olifant-staptog gereël wat ook as ‘n fondsinsameling vir woestyn-aangepaste olifante dien. Kasaona sê aan Kosmos 94.1 Nuus die staptog was ‘n sukses, maar hulle het meer ondersteuning nodig.