Kunene het goeie reën gehad maar paaie kan beskadig wees

Die Kunene-streek het baie goeie reënval ontvang na jare van ondergemiddelde syfers en uitgerekte droogte. Maar, die streeksgoewerneur Marius Sheya sê van die grondpaaie in die streek kan beskadig wees terwyl ander weer lopende riviere het wat toestande uiters gevaarlik maak. Hy sê inwoners en besoekers moet versigtig bestuur.