Kundige verwag vierde vlaag van Covid-19 in Desember in Suid-Afrika

Die waarnemende direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid, Nicholas Crisp, is oortuig Suid-Afrika gaan in Desember die vierde vlaag van Covid-19 beleef. Crisp sê hy is teleurgesteld dat die buurland se regering nie in staat was om die voorspelde 300-duisend mense per dag in te ent nie. Hy het aan die media gesê Suid-Afrikaners het nie sterk genoeg op inenting aangedring nie.