Kudu word ontwikkel, en sal SA kan voorsien

Klaus Anderson van Kudugas sê die konstruksie van die gas-kragstasie duur voort om teen 2026 krag aan Namibië te voorsien en ook surplus-krag na Suid-Afrika uit te voer. Anderson het gereageer op die mening van die voormalige hoof uitvoerende beampte van NamPower, dr. Leake Hangala, dat Kudu daadwerklik ontwikkel moet word veral met Suid-Afrika se voortslepende kragkrisis. Anderson beaam dit aan Kosmos 94.1 Nuus.