Kudu-gas sal nou ontgin word

Die Kudu-gasveld sal ontgin word. BW Kudu, ‘n volfiliaal van BW Energy en die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, sê dat die bron nou ontgin sal word met ‘n beraamde koste van 20 miljard Namibiese dollar. Die hoofrede daarvoor is omdat Namibië steeds meer as 60 persent van sy elektrisiteitverbruik invoer en die mikpunt is om onafhanklik te word. Klaus Anderson van BW Kudu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.