Kuberaanval op Transnet moontlik verbind met onluste

Die waarnemende minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering stel ondersoek in of ‘n kuberaanval by Transnet verband hou met die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die staatsbeheerde onderneming het gister bekend gemaak dat onderbrekings in sekere IT-toepassings ondervind word, wat sleutel werksaamhede van Transnet se spoor- en logistieke eenhede tot stilstand gebring het. Ntshavheni sê die regering is bekommerd oor hierdie kuberaanval: