Kuba sê mensehandelnetwerk werf sy burgers vir Russiese weermag
Kuba se ministerie van Buitelandse Sake sê hy het ‘n mensehandelnetwerk ontbloot wat inwoners van die land werf om vir Rusland te veg in sy volskaalse oorlog teen Oekraïne. ‘n Russiese koerant het aan die einde van Mei berig dat verskeie Kubaanse burgers kontrakte met Moskou se gewapende magte onderteken het en na Oekraïne geneem is in ruil vir Russiese burgerskap. Die ministerie sê hy sal beslissend optree teen diegene wat betrokke is by mensehandel om Kubaanse burgers te werf vir gewapende optrede in enige land. Owerhede werk daaraan om die netwerk te neutraliseer en te ontbind.