Kroonprins kry VSA-immuniteit in Khashoggi-vervolging

Die Biden-administrasie het beslis dat die Saoedi-Arabiese kroonprins Mohammed bin Salman immuniteit het teen ‘n regsgeding oor die moord op Jamal Khashoggi. Khashoggi is in Oktober 2018 deur Saoedi-agente in die Saoedi-konsulaat in Istanbul vermoor. Die besluit is gemaak omdat die kroonprins onlangs as eerste minister van Saoedi aangestel is en dan het hy immuniteit teen vervolging deur die VSA. Khashoggi se eks-verloofde, Hatice Cengiz, sê geld het weer eerste gekom. Die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad in ‘n skriftelike verklaring gesê die immuniteit het niks te doenmet die meriete van die saak nie.